December 2011
Dis Desember 2011 en 200 pakkies is gereed vir verspreiding. Vier Omgee mense, wat ook in die ry moet staan vir kospakkies, is 45minute te vroeg om te kom help oplaai. Omgee-hande daag op met karre en bakkies en dit word ywerig opgelaai. Ons eerste stop is om die hoek en ‘n man kom kry verlee sy pakkie meel, groot sak met blikkies en een kilogram maalvleis. Daarna stop ons regoor die tronk, by ‘n mamma met vier dogtertjies. Sy is baie bly om ons te sien en haar dogtertjies help meel, kookolie en lekkers dra, ons ry weg met vroee Kerswense. In ‘n plek, wat vir my lyk soos ‘n toegeboude stoor , is ‘n jong pappa besig om vir sy babaseun kos te gee. Drie kinderbedjies , drie hangkaste, ‘n dubbelbed, tv op tafel en sitkamerstel staan ingeprop in die een vertrek. Sussie vertel opgewonde dat sy laas week by die omgee kinderpartytjie by Lichtenburg Dros was. Twee bejaardes tannies bly in ‘n ou huisie, die swart kat met rooi nekbandjie wag ons op die stoep in. Tannie Joe, gaan haal dadelik die items wat sy van oulap en afvalllap gemaak het, wat ons twee weke terug daar afgegee het, om te spog – ‘n drasak en twee halwe bloese. Sy gebruik haar hande, naald en gare vir die items. Om die hoek laai ons kos af by ons helpers en hulle families – 13 pakkies – word afgelaai. Baie van hulle bly in die karavane op die perseel daar. Twee vroue is karwagte en so ook twee van die mans. Hulle ontvang met glimlagte op sonbruinvelle -ook die pakkies koekies en mandjies met vrouegeskenke – geskenke geskenk deur Renette en Rudi van Cinderella secret. Ons is baie trots op die geskenkies waarop Cinderella Secret - die LICHIES Omgee logo opgesit het! Die bejaardes kry een van die geskenkies geskenk deur Lafarge Sa – ‘n toiletsakkie met hulle name op, en ek kry ‘n warm drukkie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment