Lichies Omgee kyk terug na 2011. En kan nie anders as om te getuig dat die Here op wonderbaarlike wyse in alles ons behoeftes voorsien het. Ons wil graag die volgende persone en instansies uitsonder:
Lafarge Sa wat 350 geskenkies vir Bejaardes gegee het, Afrisam wat ook vir hierdie bejaardes geskenke gegee het , hulle Kersmaaltye voorberei het en Kerstafelversierings gemaak het! Nwk bestuur het die personeelbydraes se waarde verdubbel en hulle het ook skryfbehoeftes vir 220 kinders voorsien, kookolie is deur Epko geskenk en Noordfed het vroeer die Jaar Meel en Mieliemeel gegee. Gunter en Gerhard het 'n groot deel van die amper 6yon mieliemeel gegee. Dawid het ook drie opeenvolgende jare mielies ingery!
Ons 2011 Kers geleenthede was die volgende, moontlik gemaak deur Individue en Instansies in Lichtenburg en Coligny:
***Kersbederf vir Bejaardes - in die tehuise
Lichthuis 120
Kosmos 35
Najaarsrus 39
Onse Rus 61
***Kersbederf vir Kinders
40 in Coligny
en 160 in Lichtenburg
***Kerskospakkies vir
25 in Coligny en
175 in Lichtenburg
Dankie Julle