Die koskaste van die Omgee gesinne raak leeg teen die middel van Januarie en so ook die Omgee koskaste. Ek kry ‘n verlee sms van “Pieter”, wat vra vir ‘n kospakkie. Ek onthou ‘n week later daarvan.
Met die aflaai van die kospakkie – het Pieter ‘n huis vol mense. Hulle sit buite onder ‘n groot koelte boom, elkeen met ‘n sopbakkie. Ek stop diskreet ‘n entjie weg, maar hy verseker my, dis nie ongelee nie. Hy is ‘n karwag, is medies ongeskik verklaar. Songebrande arms tel die enkele ‘checkers’ pakkie uit die kar, met ‘baked beans’, ertjies , boeliebief, macaroni, rys en koekmeel dankbaar uit my kleinkar-kattebak. Ek ry weg met ‘n knop in die keel en die wete dat ‘’ek-niks-het-om-oor-te-kla-nie , wel veel-om-voor-dankbaar-te-wees’’