“Dit was nie gister my beurt om kos te kry nie!”

‘n Dogtertjie van sewe jaar vra vir Broodjie- Tannie “Tannie, kan ek vir my Mamma ‘n broodjie huis toe neem?” “Hierdie is nie ‘n geisoleerde geval nie”, gesels die Juffrou by die skool.

In ‘n radio-uitsending hoor ons van Kinders wat nie ‘gister’ kos gehad het nie, want dit was nie gister hulle  beurt nie!

Met dit ingedagte begin die Lichies Omgee projek sewe jaar gelede om kospakkies uit te deel tydens skoolvakansies. Ons deel die eerste  vakansie 30 pakkies uit en in 2011 Desembervakansie 200!

NGK Lichtenburg Oos se gemeente loods vyf jaar terug die eerste  Koue Voete Warm harte Projek, om mense in nood te help. En met die hulp van die Gemeente en die Gemeenskap kry ons jaar na jaar genoeg kospakkies vir een skoolvakansie van die jaar! Die 2012projek hoogtepunt en afsluiting is Sondag  10 Junie 2012 om tienuur by NGK Lichtenburg  Oos.
Hierdie is dan weer eens ‘n pleidooi en ‘n Noodroep vir Kospakkies, met Inhoud, o.a. Blikkies Boontjies, ertjies, gemengde groente, perskekonfyt, soutvleis, mieliemeel en koekmeel. Donasies is welkom: Eerste Nasionale Bank 62090716518, takkode 240139, verwysing Koue Voete  of Kontak Jeanette  0824112658 of Isobel 0186323029.

Weet jy nie wat om te maak met al jou vyf sente en tien sente nie? By Radio Lichvaal en die Noordwester – kantore sal spaarblikkies beskikbaar wees vanaf 10 Maart 2012.

Karwag

Die koskaste van die Omgee gesinne raak leeg teen die middel van Januarie en  so ook die Omgee koskaste. Ek kry ‘n verlee sms van “Pieter”, wat vra vir ‘n kospakkie. Ek onthou ‘n week later daarvan.

Met die aflaai van die kospakkie – het Pieter ‘n huis vol mense. Hulle sit buite onder ‘n groot koelte boom, elkeen met ‘n sopbakkie. Ek stop diskreet ‘n entjie weg, maar hy verseker my, dis nie ongelee nie. Hy is ‘n karwag, is medies ongeskik verklaar. Songebrande arms tel die enkele ‘checkers’ pakkie uit die kar, met ‘baked beans’, ertjies , boeliebief, macaroni, rys en koekmeel dankbaar uit my kleinkar-kattebak. Ek ry weg met ‘n knop in die keel en die wete dat ‘’ek-niks-het-om-oor-te-kla-nie , wel veel-om-voor-dankbaar-te-wees’’

Bingo – Lichthuis

Een van die lekkerste plekke om die vreugde van Omgee te ervaar is by Ouetehuise. Ek lees iewers – “No act of Kindness, no matter how small, is ever wasted” . Al wat ons self moet gee is ‘n klein bietjie van ons tyd. Die Omgee jaar skop af in Januarie 2012 met ‘n Bingo oggend by Lichthuis. Vroeg vroeg gaan ons gou die tafels dek, en nie met groot vertoon nie.

‘n Halfuur voor die sit skuifel ‘n Tannie nader, en herinner ons daaraan dat haar speletjie nog nie op die tafel is nie – (glimlag). Kort Daarna kom die een na die ander nader. Mariaan en Lesley en Anleri skop af met die spel, en loer loer na die borde, om seker te maak, almal wen iets. Gou gou skiet stywe arms die lug  en oumens stemme roep “Bingo”. Hulle wen elkeen ‘n sakvol lekkergoed, soetgoed sepies en handeroom. Een van die skenkings was klein hartjie-koekies-met-liefdevolle-sorg-gemaak-deur-Ashley de Beer.
(‘n Jongman van Johannesburg)

Wat kry ons vir ons klein bietjie tyd ?  - warm geplooide glimlagte en gevoelvolle armdrukkies.
Volgende week die 18e gaan ons Najaarsrus toe, die 25e Kosmos toe en die 3 Maart Onse Rus toe – vir heerlike omgee oggende! 

Blinde Passasier

Tannie Corrie bly in n padkamphuisie in Hammanstraat.   Daar sien sy met liefdevolle sorg om na haar blinde man, wat net-net  tussen lig en donker kan onderskei. Haar swaer maak vir haar 'n fiets - liewers bou 'n fiets om, sodat sy haar blinde man heen en weer kan vervoer tussen die dorp en die huis. Die fiets is swaar,  met sy staalraam, nog swaarder met met 'n tagtig-kilogram- passasier op die agterste sitplek. Die nommerplaat lees "Blinde Passasier'. ' In September van 2011 word Neels skielik siek en na 'n hartaanval sterf hy in Tannie Corrie se arms.

Elsabe sien Corrie nog steeds in die dorp ry en rig 'n pleidooi - 'kry vir haar 'n fiets'. Heyla gaan koop 'n splinternuwe pienk fiets en laat 'n mandjie voor op sit. Een Sondag laatmiddag gaan verras ons haar met die fiets. Sy gaan  wys my die ander fiets wat onder seile toegemaak is, en se die nuwe pienk fiets kom in die huis!



Die 'Blinde Passasier' Fiets

Tannie Corrie en haar nuwe Pienk Fiets



Tannie Nicky...

Ek kry ‘n oproep, twee bejaardes het in huisie ingetrek. En die Noodroep is – ‘Hulle het nie kos nie’. Heidi en ek gaan soontoe, met ‘n pakkie kos byderhand. Die twee karaktervolle mense kom van Christiana. Ek skat die een is in die sestig die ander is drie en sewentig. “Ons trek maar so rond, se hulle’’ Geen sorge in die wereld nie. Tannie Nickey   maak ‘craft’ items van klippies, spieeltjies, houte, enige iets waarop sy hande kan le, sy se die mense noem haar Nicky, Nicol, Nicolette, om die tyd te verwyl. Die ander Tannie Joey doen graag naaldewerk en is die kosmaker in die huis. Op navraag wat hulle die dag gaan eet, kry ons ‘n lewerkoekie om te deel. Ek het nie fiemies nie, en eet daarvan. Ons gee die kospakkie na tien minute en ry. Heidi bely sy eet glad nie lewer nie….


Die volgende dag gaan kuier ek by my broer, in Klerksdorp - en ek vertel sy skoonma Tannie Lenie, dat ek twee eksentrieke Tannies ontmoet het, hulle kom van Christiana. Waarop Tannie Lenie se, die een se naam is seker Nicky. Sy wys vir my baie ou fotos van haar eks-skoonsus wat huis en haard net so gelos het en ‘n ‘wereldreisiger’ geword het.  Die fotos is baie oud, en ek sukkel om ooreenstemmende trekke te sien….Haar broer , oom Piet en sy is Daarna geskei, hy is weer getroud. Haar kinders spoor haar so af en toe op , maar het al vir langer as ‘n jaar nie ‘n idée waar sy haar bevind nie!  Oom Piet skakel my ‘n dag of wat later en wil besorgd weet, of sy versorg is, klere en kos het. Ek kan hom egter nie veel meer vertel nie. Is ons Nicky Oom Piet se Nicky?

‘n Paar dae later gaan vis ons by die twee tannies, hoe oud is hulle, waar is hulle gebore, wat is hulle vanne, wat is hulle Id nommers, alles om ons rekords , op te dateer, se ons! Tannie Nicky se Id dokument is weg. Sy se jy is in Desember gebore, het geen kinders nie, en haar man is oorlede. Haar nooiensvan was du Plessis en ons gesels land en sand oor my ouma se du Plessis voorgeslagte.  Tannie Joey het ook geen kinders nie, sy is meer emosioneel, en haar man is in Desember elf jaar terug oorlede.  Ons wonder oor die verlore Id document.

Ek gaan laai ‘n sak lappies af vir Tannie Joey, sy is uitgehonger vir geselskap. En ek het nog nooit iemand so opgewonde oor ‘n sak afval lap gesien nie. Ek vra so terloops vir Tannie Nicky, wat is Tannie se van nou weer. Hoekom huiwer sy? Skielik begin ek te wonder oor die tannie se oorsprong ….

Ek neem vir hulle ‘n Kers kospakkie en sit by die ronde tafel en gesels. Ek vra vir hulle ‘n selfoonnommer, waarop Nicky na ‘agterhuis’ wys en se haar selfoon is stukkend. Hulle gesels weer bietjie oor wat was , en Tannie Nicky se dat haar man ongeveer ses jaar terug oorlede is.  Hulle het vir ‘n tydperk in Postmasburg gewoon. Toe ek uitstap, merk ek die selfoon le op  ‘n klavierstoeltjie en dat die foon ingeprop is by die selfoonlaaier

Ek en my ma gaan doen Kersinkopies in Klerksdorp en ek vertel vir Tannie Lenie, dat ek tog wonder ofTannie Nicky haar broer se eks-vrou is nie. Tannie Lenie bevestig dat Oom Piet se vrou wel vir ‘n tydperk in Postmasburg gebly het.  Ek kry ‘n Janome masjien as geskenk, en vanmiddag gaan ek my Empisal masjien van Tannie Joey gee, sodat sy nie meer nodig het ‘ om klere met hand, naald en gare te maak nie.  My kamera is ingeprop op die batterylaaier op die oomblik.

Ek en Annetjie ry Vrydagoggend vroeg, na Tannie Nicky se arm man huisie. Ons glip by tuinhekkie in. Annetjie dra my 1985 Empisal Naaimasjien vir Tannie Nicky se vriendin, Tannie Joey. Die masjien werk nog, met het plek plek enamel-tjip merke, maar is in goeie werkende toestand. EK dra 'n sak klere en my Kamera. Die twee het die tuinhekkie hoor kraak en ontmoet ons buite. Annetjie moet haar voete uitmekaar plant om die sware masjien vas te hou, met 'n huilende Tannie Joey wat haar vasgryp. Ons ervaar en beleef ongekende vreugde vir stok-oue  masjien, wat ek nog nooit wou gehad het nie. Tannie Joey sit  die masjien op die kombuis pelnlite tafel, waar langs twee plastiese tuinstoele staan , en wat bedek is met blou plastiese tafeldoek. Sy vertel dat dit ''..die derde grootste geskenk is wat iemand nog vir haar gegee het. Die eerste een was God se Genade dat sy nog hier is...''. Sy gaan trek gou skoon klere aan vir die kiekie by die masjien aan, en Tannie Nicky wys ons haar mosaiek werk gemaak van optelspieeltjies. Dis my kans , en ek neem gou 'n paar fotos van haar. Daarna is dit Tannie Joey se beurt en ons kiek haar ook, voor die Empisal.
Tannie Nicky

Tannie Joey